DDP
Vervoer is reeds agt jaar gelede begin deur
Dewald du Plessis, vandaar ook die afkorting
DDP. Hierdie eenmansaak het klein begin,
maar in 2007 word die Beslote Korporasie
gestig. Sedertdien gaan die besigheid net
van krag tot krag. Slegs die beste diens
word gewaarborg. Dit kan alleen bereik word
deur kwaliteit toerusting, opgeleide en
ervare personeel en persoonlike aandag aan
elke kliënt.
Kliënte tevredenheid word deurgaans
nagestreef en die feit dat kliënte
herhaaldelik terugkom na DDP Vervoer toe,
spreek boekdele. |